Appiese Weg

Appiese Weg*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Appiese Weg by Quarto Miglio
Ligging van Appiese Weg op 'n kaart (Italië)
Appiese Weg
Appiese Weg
Ligging van die Appiese Weg in Italië
Koördinate: 41°50′29″N 12°31′57″O / 41.84139°N 12.53250°O / 41.84139; 12.53250
Lande Vlag van Italië Italië
Tipe Kultuur
Kriteria iii, iv, vi
Verwysings 1708
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2024  (46ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Appiese Weg (ook Via Appia, Die weg van Appius) was die eerste belangrike Romeinse pad.[1] Die pad is in 312 v.C. van suid van Rome af tot by Brindisi aan die Adriatiese kus gebou.[2] Dit is na die Romeinse amptenaar Appius Claudius Caecus genoem, wat dit vir militêre doeleindes gedurende die Samnitiese oorloë gebou het.[3] Die Appiese Weg is in 2024 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

Kaart van Italië wat die Via Appia en (die korter en nuwer) Via Appia Traiana aandui
Voetspore van Jesus

Die pad is tydens die Tweede Samnitiese Oorlog aangelê om die vinnige ontplooiing van troepe moontlik te maak. Die Appiese Weg was ook van groot ekonomiese belang en is vir die vervoer van goedere en persone tussen Rome en Kampanië (en verder) gebruik. Dit loop aanvanklik tot by Capua, maar is later tot by Brundisium (nou Brindisi, 'n hawestad wat die poort na die Ooste was) verleng.

Vanweë die pad se belang kry dit die bynaam regina viarum (koningin van paaie). Die natuurskoon langs die pad kon ook 'n rol hierin gespeel het. Die talle spore en afdrukke op en om die pad dui daarop dat dit eens swaar, druk verkeer hanteer het.

Die Quo vadis-kerk is langs die Appiese Weg by die ingang na Rome geleë. Dit is volgens oorlewering die plek waar die apostel Petrus vir Jesus raakgeloop het. Toe Petrus vra "Heer, waar gaan u heen", antwoord Jesus: "Ek gaan na Rome om weer gekruisig te word". Petrus bedink hom en draai na Rome terug, waarna hy in die Tullianum opgesluit en onderstebo in Nero se Sirkus gekruisig is. Die kerk bevat 'n klip met die beweerde voetspore van Jesus daarop.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) Quilici and S. Quilici Gigli, L., R. Talbert, S. Gillies, T. Elliott, J. Becker. "Places: 356966898 (Via Appia)". Pleiades. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 14 Maart 2013.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  3. (en) "Appian Way" in Chambers's Encyclopædia. London: George Newnes, 1961, Vol. 1, bl. 490.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search